Maksim Gorki

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Maksimowitsj en die van is Pesjkof.

Maksim Gorki
Gorki in 1900.
Gorki in 1900.
Geboortenaam Aleksei Maksimowitsj Pesjkof
Gebore 28 Maart [O.S. 16 Maart] 1868
Plek Nizjni Nowgorod, Russiese Ryk
Oorlede 18 Junie 1936 (op 68)
Plek Gorki-10, Moskou-oblast, Sowjetunie
Beroep Dramaturg, skrywer, digter, politikus
Nasionaliteit Russies
Tydperk 1892-1936
Handtekening

Aleksei Maksimowitsj Pesjkof (Russies: Алексей Максимович Пешков; 28 Maart [O.S. 16 Maart] 1868, Nizjni Nowgorod, Russiese Ryk - 18 Junie 1936, Moskou-oblast, Sowjetunie), beter bekend as Maksim Gorki (Максим Горький, ou spelling Махимъ Горькій), was 'n Russiese skrywer van romans, kortverhale en toneelstukke en 'n politieke aktivis. Hy word as Rusland se grootste proletariese skrywer en as grondlegger van die sosialisties-realistiese letterkunde beskou.

Gorki is vyf keer vir die Nobelprys vir Letterkunde benoem.[1] Voordat hy sukses as skrywer behaal het, het hy oor groot dele van die Russiese Ryk gereis en dikwels van werk verander. Dié ondervindings het later sy skryfwerk beïnvloed.

  1. "Nomination Archive". NobelPrize.org (in Engels (VSA)). Besoek op 10 Desember 2018.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search